Subscribe by Email

Sewentien UJ-studente sê hulle is onwettig geskors

jobSewentien studente wat deur die Universiteit Johannesburg geskors is, sê die optrede teen hulle is onwettig, onredelik en onregverdig. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle 100 miljoen Rand se skade aangerig het toe hulle in Mei die ouditorium van die Kingsway-kampus aan die brand gesteek het. Die instelling het ‘n hofinterdik bekom wat studente en werkers verbied om op enige van sy vier kampusse te betoog. ‘n Prokureur vir sommige van die studente, Tracey Lomex, sê dit is kommerwekkend dat sy nog nie die universiteit se bewyse oor die saak gesien het nie.