Subscribe by Email

“Seun van Chavez” wen verkiesing

Die “kroonprins” van die omstrede afgestorwe pres, Hugo Chavez van Venezuela is naelskraap tot nuwe president van dié olieryke land verkies.

Nicola Maduro, voorheen ‘n busbestuurder, het 50,7 persent van die stemme getrek, en sy regse teenstander, Henrique Capriles, 49,1 persent getrek het.

Hoewel die uitslag menige waarnemer verbaas omdat Maduro kort gelede nog in peilings ‘n dubbelsyfer—voorsprong gehad het, het Capriles die uitslag verwerp omdat hy en sy ondersteuners volgens hul eie telling die knoop deurgehaak het.

Maduro het in sy verkiesingsveldtog min verkiesingsbeloftes gemaak en hom meer op persoonlike aanvalle op sy teenstander toegespits. Hy het hard probeer om op die nalatenskap van Chavez, wat buite sy landsgrense deur baie weens sy bisarre opmerkings as nar beskou is, maar deur ander as sosialistiese held, te teer.

Herman Toerien