Subscribe by Email

Sereti kommissie het nie volle waarheid onthul

willi-seriti_pDie organisasie Corruption Watch en die Right2Know-veldtog sê hulle is vasbeslote om die Seriti-kommissie oor die wapentransaksie aanspreeklik te hou vir die wyse waarop hy sy werk gedoen het.

Die twee organisasies het gister ‘n aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien om te versoek dat die kommissie se bevindings hersien en ter syde gestel word. Die kommissie het bewerings van korrupsie tydens die multi-miljard randse wapentransaksie in 1999 ondersoek.

Die organisasies sê die kommissie het nie sy mandaat om die waarheid ten volle te onthul, suksesvol uitgevoer nie. ‘n Woordvoerder van Corruption Watch, Leigh Ann Govansamy sê daar is oorweldigende inligting dat daar korrupsie tydens die wapentransaksie plaasgevind het. Sy sê die kommissie se bevindings moet hersien word omdat die kommissie nie die inligting wat deur sekere getuies ingedien is, ondersoek het nie.