Subscribe by Email

Serena Williams word verslaan in die halfeindstryd van die Amerikaanse Ope

062115-tennis-angelique-kerber-ss-pi-vadapt-980-high-31Serena Williams van Amerika het haar plek as die wêreld se nommer-een-speler aan Angelique Kerber van Duitsland afgestaan nadat sy in die halfeindstryd van die Amerikaanse Ope teen Karolina Pliskova van die Tsjeggiese Republiek verloor het. Williams het met die beslissende punt ‘n dubbelfout begaan en met 6-2 en 7-6 verloor. Kerber het die Deense Carolina Wozniacki met 6-4 en 6-3 afgeransel om haar eerste eindstryd by die Amerikaanse Ope te behaal. Sy sal na die toernooi haar plek as nommer-een inneem