Subscribe by Email

Selebi skuldig aan korrupsie, vonnis op 14 Julie

Na ’n uitgerekte hofsaak is Jackie Selebi, voormalige polisiekommisaris, is vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof skuldig bevind aan korrupsie, maar onskuldig op aanklagte van regsverydeling.

Selebi het klagtes van korrupsie en regsverydeling in verband met sowat R1,2 miljoen in die gesig gestaar wat hy glo van verskeie mense gekry het in ruil vir gunste.

Regter Meyer Joffe het bevind dat die staat bó alle twyfel bewys het dat Selebi betalings en geskenke ontvang het. Joffe het gesê in die meeste gevalle waartydens die staat se hoofgetuie, Glen Agliotti, beweer het dat betalings aan Selebi gemaak is, dié getuienis dit kon bevestig. Selebi se bewering dat daar ‘n sameswering teen hom beplan was, is verwerp.

Selebi sal op 14 Julie gevonnis word en is intussen uit op waarskuwing.