Subscribe by Email

Seksuele teisteringsaak teen Marius Fransman word teruggetrek

8571968902_b28374b65c_zDie Nasionale Vervolgingsgesag het besluit om nie voort te gaan met die vervolging van die ANC se Wes-Kaapse leier, Marius Fransman, op aanklag van seksuele teistering nie omdat daar blykbaar nie voldoende getuienis is nie. Die jong vrou wat hom verkla het nadat sy in Januarie saam met hom na Rustenburg in Noordwes gereis het vir die ANC se verjaarsdagviering, het intussen besluit om haar identiteit bekend te maak. Die 21-jarige Louisa Wynand van Stellenbosch het aan TimesLive gesê sy is geskok en teleurgesteld oor die uitslag van die ondersoek. Fransman het deurentyd volgehou dat hy onskuldig is.