Subscribe by Email

Seisoen van vrou wees – Werkswinkel

SeisoenVanVrouWees

Vier Vriendinne, Vier Verhale, Vier Seisoene – van Vrouwees.  

Erens op ‘n stofpad, langpad, teerpad, het hierdie vier paaie gekruis. 

  Dames, dromers en dienaars van God. 

Saam stap ons nou op die pad, deur al die seisoene van vrouwees.

Deur son en wind en water en weer.

Dis ‘n  pad na hernuwing, herstel en na hoop,

oppad na ‘n plek waar ons, ons Vrouwees kan vier. 

Bekendes soos Nadia Beukes, Leandie du Randt, Valeska Muller en Ulricke Loubser span hul kragte saam om ‘n inspirerende werkswinkel vir dames aan te bied op 1 Oktober 2014 vanaf 3-7pm by die Atterbury Teater in Pretoria. Elkeen se tema is uniek om aan te pas by die verskillende seisoene van vrouwees.

In die dames se eie woorde: “Iewers op ‘n stofpad, langpad, teerpad, het hierdie vier paaie gekruis. Dames, dromers en dienaars van God. Dis ‘n  pad na hernuwing, herstel en na hoop…oppad na ‘n plek waar ons, ons vrouwees kan vier!”

Die werkswinkel sluit inspirerende praatjies deur al vier dames in asook ‘n middagete en ‘n lekker kuier saam met hulle.

Die Seisoen van Vrou wees werkswinkel word aangebied deur Mi iKon. Kostes beloop R450 p/p en kan bespreek word deur die www.miikon.com webwerf.

Vir enige navrae kontak: info@miikon.com / 0826263298