Subscribe by Email

Schalk Burger gaan die toetsreeks teen Ierland misloop

schalk-burgerSchalk Burger se enkelbesering is ernstiger as wat gemeen is en hy gaan die Springbokke se drie tuistoetse teen Ierland misloop. Die veteraan-losvoorspeler is beseer tydens verlede naweek se Superwedstryd teen die Bulls en sal vier tot vyf weke buite aksie wees. Bokafrigter Allister Coetzee het reeds die Lions-losskakel Elton Jantjies verloor wat ‘n vingeroperasie moes ondergaan. Hy kondig Saterdagaand sy toetsgroep aan.