Subscribe by Email

Schabir Shaik vry om te tender op regeringskontrakte

Schabir Shaik en sy maatskappye mag steeds tender vir aantreklike regeringskontrakte; al is hy skuldig bevind en veroordeel weens bedrog en korrupsie in 2005. Hy was nooit geswartlys soos wat die nuwe wet wat op 24 April 2004 in werking getree het, bepaal, as gevolg van ’n skuiwergat.

Hierdie groot ontsnapping van Shaik en die ander maatskappye wat saam met hom skuldig bevind is aan korrupsie en bedrog, beteken dat hy na hartelus kan tender op enige regeringskontrak.

’n Woordvoerder vir Menzi Simelane, die Direkteur van die Nasionale Vervolgingsgesag, Bulelwa Makeke het gesê dat as dit nie vir hierdie skuiwergat in die wetgewing was nie, sou Shaik die eerste persoon wees wie se naam op die regering se “Tender Default” register sou kom. Dit is ook ’n feit dat, 5 jaar nadat die nuwe wet so ’n register daargestel het, bly dit steeds leeg, met geen name daarop. Voormalige regter Willem Heath sê dat die feit dat daar nie ’n enkele naam op die register geplaas is tot dusvêr nie, maak die register van geen waarde.