Subscribe by Email

Schabir Shaik blykbaar weer in die sop

Die departement van Korrektiewe dienste in KZN ondersoek bewerings dat Schabir Shaik sy strenger paroolvoorwaardes oortree het deurdat hy na bewering Sondag gesien is waar hy inkopies gedoen het by Woolworths nadat sy “vrye tyd” verstreke was.

Van die winkel se kliënte beweer hulle het Shaik, saam met nog mans en ’n kind na 2 nm. gesien inkopies doen by Woolworths in Cowey straat. Die personeel van Woolworths en die bestuurder weier egter om enige van hierdie berigte te bevestig en weier ook om hulle sekuriteits kameras se opnames beskikbaar te stel aan die media, om die beweringe te bevestig.

Volgens Shaik se paroolvoorwaardes, is hy net geregtig op vrye tyd op Sondae tussen 12:00 middag en 2:00 middag.

Mnikelwa Nxele, die streekshoof van die departement, het gister gese dat hulle die bewerings sal ondersoek.

Shaik het Sondag by navraag van die Mercury, gesê dat hy glad nie onthou of hy Sondag by die betrokke winkel was nie en dat hy tuis was en geslaap het.