Subscribe by Email

SAUK-voorsitter klou aan haar pos

Die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie se ondersoek na die wanvoorstelling van die kwalifikasies van die SAUK-raad, Zandile Tshabalala is uitgestel.

Tshabalala se regsverteenwoordiger, Norman Arendse het om uitstel gevra om behoorlik voor te berei, nadat hy eers gister oor die saak ingelig is.

Die parlementslede was heftig gekant teen verdere uitstel, maar ná ‘n uur-lange geslote-deur vergadering is die versoek toegestaan.

Tshabalala het, ten spyte van herhaalde versoeke, nog nie bewyse van haar B Com-graad en diploma in Arbeidsbetrekkinge gelewer nie.

Die voorsitter van die komitee, Joyce Moloi Morope sê hulle is bereid om verdere onkoste aan te gaan, sodat die saak so regverdig en eerlik moontlik gevoer kan word.

Zandile Tshabalala

Zandile Tshabalala