Subscribe by Email

SAUK se nuushoof bedank

jimi-matthews-640Die SAUK se hoof van nuus het bedank. Jimi Matthews het op Twitter gesê dit wat nou by die openbare uitsaaier aan die gang is, is verkeerd en hy kan nie langer deel daarvan wees nie. Dit volg op die skorsing van senior joernaliste wat nuus uitgesaai het oor ‘n betoging by verskeie SAUK-kantore verlede week nadat hulle opdrag gegee is om dit nie te dek nie. Die SAUK se ekonomiese redakteur, Thandeka Gqubule, die uitvoerende regisseur van RSG se aktualiteitsprogramme, Foeta Krige, en die senior joernalis Suna Venter gaan volgens berigte hulle skorsings in die hof beveg.