Subscribe by Email

SAUK Raad loop deur onder opposisiepartye

1sabcOndersteuners van die Right2Know-veldtog en die Ses’Khona-beweging betoog buite die parlement terwyl die SAUK-groephoof van korporatiewe sake, Hlaudi Motsoeneng se verskyning voor die parlementêre portefeuljekomitee plaasvind. Die SAUK-raad verskyn voor die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie. Die raad sal vrae rakende Motsoeneng se aanstelling moet beantwoord. Die DA het reeds gedreig met regstappe indien Motsoeneng in sy huidige posisie aanbly. ‘n Raadslid wat hom vroeër van Motsoeneng se heraanstelling gedistansieer het, Krish Naidoo, sê die kanse is goed dat die komitee sal voorstel dat die raad óf ontbind of opdrag kry om die aanstelling ter syde te stel.

Die SAUK-raad loop tans deur onder opposisiepartye in die parlement oor die heraanstelling van Hlaudi Motsoeneng as die openbare uitsaaier se groep uitvoerende beampte vir Korporatiewe Sake, nadat die hof sy aanstelling as bedryfshoof ongeldig verklaar het. Die parlementêre komitee oor Kommunikasie, sowel as opposisielede, vra vir ‘n volledige transkripsie van die SAUK se interne tugverhoor van Motsoeneng waartydens hy onskuldig bevind is op verskeie aanklagte. Die DA het gewaarsku dat hy sal teruggaan hof toe as daar nie teen Motsoeneng opgetree word nie.