Subscribe by Email

SAUK-raad klaar Hlaudi Motsoeneng se posisie uit

hlaudi-motsoenengDie voorsitter van die SAUK-raad, Mbulaheni Maguvhe, sê Hlaudi Motsoeneng sal terugkeer na die posisie van korporatiewe sake wat hy vroeër beklee het. Die raad het die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof bestudeer en tot die slotsom gekom dat regter Dennis Davis bevind het Motsoeneng kan enige posisie beklee as daar aan die vereistes voldoen word. Maguvhe het in Johannesburg gesê die raad hoop Motsoeneng sal aansoek doen om sy ou pos van uitvoerende operasionale hoof sodra dit geadverteer word.