Subscribe by Email

SAUK moet aan Okosa sy verbod op die uitsending van gewelddadige betogings verduidelik

4c019e25c5584c499873c0aabd2d9b80Die SAUK het tot vandag om ‘n voorlegging aan die Onafhanklike Kommunikasieowerheid, Okosa, te doen oor sy besluit om nie meer beeldmateriaal uit te saai van gewelddadige betogings nie. Die drukgroep Media Monitoring Africa het ‘n klagte by Okosa ingedien dat die openbare uitsaaier se besluit in stryd is met sy pligte soos in die Grondwet en die Uitsaaiwet uiteengesit word. Die Reg om te Weet-veldtog gaan vandag by die SAUK se geboue in Johannesburg, Durban en Kaapstad betoog vir die verwydering van die korporasie se uitvoerende hoof, Hlaudi Motsoeneng, en wat die groep beskou as sensuur en propaganda by die uitsaaier.