Subscribe by Email

SAUK kry bloedneus in die Arbeidshof oor die afdanking van sy joernaliste

849x493q70News24-SABC-journos-firedDie Johannesburgse Arbeidshof het beslis dat die afdanking van vier SAUK-joernaliste onwettig was en die openbare uitsaaier gelas om hulle onmiddellik weer in diens te neem. Solidariteit het die saak namens Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp gevoer nadat hulle hulle werk verloor het omdat hulle hulle teenkanting uitgespreek het teen die korporasie se verbod op die uitsending van beeldmateriaal van gewelddadige betogings. Regter André van Niekerk het die uitspraak namens regter Robert Lagrange gelewer:

Die hof het ook gelas dat die mense wat verantwoordelik was vir die afdankings, binne vyf dae moet motiveer waarom hulle nie in hulle persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir hulle optrede nie.

Die regskenner Paul Hoffman van die drukgroep Accountability Now beskryf die hofuitspraak as nog ‘n spyker in die doodskis van die SAUK se uitvoerende operasionale hoof, Hlaudi Motsoeneng: