Subscribe by Email

Sarkozy keelvol vir Cameron oor Europese skuldkrisis

Pres. Nicolas Sarkozy het die Britse eerste minister, David Cameron, duidelik geïrriteerd met die tong bygedam: Die Britte vertel ons tydig en ontydig dat hulle niks van die Euro wil weet nie, maar nou deel hulle heeldag ongevraagde advies uit oor hoe ons die Euro-situasie moet hanteer.
Lidlande van die EU wat nie deel van die Euro-geldeenheid is nie, het die naweek stem dik gemaak oor die E uro-gebonde lande wat toenemend besluite neem wat die hele EU raak sonder om hulle daarin te ken. Brittanje was op die voorpunt.
Cameron het dit duidelik gemaak dat die besluite wat geneem word, die hele EU se ekonomieë raak, en die besluite wat nou geneem word is gevaarlik.
Cameron is in sy eie party onder druk waar ‘n stemming gehou gaan word om te besin oor ‘n referendum wat tot Brittanje se uittrede uit die Europese Unie kan lei.