Subscribe by Email

SAOG minag menseregte, aldus Afriforum

AfriForum skryf op hulle webwerf dat die besluit van die leiersberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om in die volgende ses maande die rol en funksies van die SAOG-tribunaal te hersien, is die mees blatante daad van minagting van die reg denkbaar.

Die besluit om nou die rol en funksies van die tribunaal te hersien, kom nadat die leiersberaad van die SAOG by twee geleenthede nagelaat het om tribunaal-bevindinge teen Zimbabwe te ondersoek en strafmaatreëls te oorweeg. Zimbabwe weier om gehoor te gee aan vroeëre bevindings teen dié land se grondhervormingsprogram.

Die regsverteenwoordiger van AfriForum, Willie Spies, het in sy reaksie gesê dat onlangse gebeure op die politieke front eintlik onheilspellende teenstrydighede weerspieël.

“Terwyl die Suid-Afrikaanse regering tans dreig om ʼn tribunaal in te stel om die vrye media ‘in toom te hou’, word die sub-kontinent se enigste menseregte-tribunaal van sy magte gestroop. Dit is slegte nuus vir burgerregte en die oppergesag van die reg in Suid-Afrika”, het Spies gesê.

Lees meer hier.