Subscribe by Email

Saoedi-Arabië – te dol vir kopaf gaan

Teregstellings by wyse van onthoofding in Saoedi-Arabië is in die gedrang weens ‘n tekort van laksmanne wat die fynere kunsies van onthoofding onder die knie het.

Saoedi-Arabië is die enigste land ter wêreld waar teregstellings nog deur openbare onthoofding – en by wyse van uitsondering, kruisiging gedoen word.

Maar nou word naarstigtelik gesoek na manne wat genoegsaam die swaardkuns onder die knie het, want ‘n tekort aan beuls veroorsaak dat die laksmanne dikwels moet reis, en dan laat by hul bestemmings aankom.

Dit, volgens ‘n regeringsverslag, hou veiligheidsgevare in.

Daar is egter geen planne om teregstellings self te staak nie. As tussentydse maatreël kan die vuurpeloton altyd nader geroep word.

In Saoedi-Arabië is meer as sewentig mense die afgelope twee jaar weens oortredings soos moord, roof en heksery onthoof. ‘n Joernalis wat op Twitter godslastering gepleeg het is op die nippertjie weens groot internasionale druk van die teregstelling gered