Subscribe by Email

Saoedi-Arabië gaan man kruisig

Een van die sewe ter dood-veroordeelde mans wat aan ‘n rooftog op juwelierswinkels in 2004 en 2005, gaan gekruisig word. Die ander gaan voor ‘n vuurpeloton sterf.

Die doodsvonnisse en die manier waarop hulle tereggestel gaan word, is pas deur koning Abdullah onderteken.

Teregstellings in dié land geskied gewoonlik deur onthoofding.

Sarhan al-Masjajeh, wat as die leier van die groep beskou word, sal drie dae lank gekruisig word. Daar is egter die moontlikheid dat hy voor die kruisiging onthoof sal word.

Menseregte-organisasies is ontstoke, veral omdat die meeste van die veroordeeldes nog kinders was toe die misdade gepleeg is. Hulle kom uit ‘n suidelike streek op wie die res van die land neersien, en gewoonlik veel erger gestraf word as ander burgers. Hul regsproses word as uiters gebrekkig beskou, en het in hul verhoor littekens gewys soos hulle na bewering deur die polisie gemartel is om bekentenisse te maak. Hulle is ook gedreig dat hul familie leed aangedoen sal word.

Die voltrekking van die doodsvonnisse is pas met ‘n week uitgestel.

Hoofbron: Trouw