Subscribe by Email

Samwu en Pikitup onderteken vandag die finale loonooreenkoms

Municipal+workersDie Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie sê hy sal vandag die finale loonooreenkoms onderteken met die Johannesburgse maatskappy Pikitup wat vullisbestuur in die stad hanteer. Sowat vierduisend werkers wat by Samwu geaffilieer is, het vyf weke lank gestaak terwyl hulle salarisverhogings van tot 10-duisend Rand per maand eis. Hulle het ook geëis dat die maatskappy se besturende direkteur, Amanda Nair, bedank. Die maatskappy en die vakbond het verlede week ‘n ooreenkoms bereik. Samwu se adjunk provinsiale sekretaris, Nonceba Mbilini, sê albei partye het in beginsel ooreengekom en die ondertekening sal vanmiddag plaasvind.