Subscribe by Email

Salt Rock “skoolhoof” gaan skuldig pleit oor bedrog.

Chavron Lewis wil skuldig pleit

’n Salt Rock tuis skoolhoof het besluit sy gaan skuldig pleit op aanklagte van bedrog teen haar en ook poog om haar slagoffers terug te betaal met geld wat sy in ’n trustfonds weggesit het.

Chavron Lewis was die eienaar en hoof van die Crest Academy, ’n tuisskool met sowat 18 leerlinge wat ingeskryf was vir die finale matriekjaar. Sy het egter nie die leerlinge geregistreer vir hulle eksamens nie en hulle laat glo dat hulle ’n wettige matriek eksamen skryf. Sy staar nou bedrogklagtes in die gesig van meer as R 400 000.00

Lewis is deur die leerlinge se ouers self uitgevang, wat die vraestelle vergelyk het met die onderwysdepartement se vraestelle. Die vraestelle het nie vergelyk nie en die Departement het gese hulle erken nie daardie vraestelle nie.

Lewis wat oorspronklik op R 15 000.00 borg vrygelaat was, is weer in hegtenis geneem nadat sy nie vir haar verhoor opgedaag het nie. Sy beskuldig haar regsverteenwoordigers daarvan vir haar afwesigheid in die hof. Sy wil nou ’n tweede borgaansoek bring vir oorweging. Die hof sal Vrydag haar aansoek aanhoor.