Subscribe by Email

Sal Skotse parlementslede vra om te weier om wetstoestemming te verleen

Nicola_Sturgeon__3126505bSkotland se premier, Nicola Sturgeon, sê haar Parlement kan Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie stuit. Dit volg op verlede week se referendum waarin die meerderheid Britte gestem het dat die land die groepering moet verlaat. Twee en sestig persent van Skotse kiesers het egter daarteen gestem. Sturgeon het aan die BBC gesê sy sal Skotse parlementslede vra om te weier om wetstoestemming te verleen vir ‘n onttrekking.