Subscribe by Email

SAL probeer sestien miljard Rand in die hande kry

south-african-airways-airline-logo-1Die Suid-Afrikaanse Lugdiens beplan om sestien miljard Rand by banke en ander finansiële instellings in te samel nadat hy net ‘n paar dae gelede gesê het hy kan wel sy skuld betaal. Volgens ‘n koerantkennisgewing probeer die sukkelende redery om gewaarborgde en ongewaarborgde befondsing met ‘n drie- tot vyftienjaar-duur in die hande kry en dat hy die bedrag wil begin gebruik binne twee weke na die ondertekening van ‘n leningsooreenkoms. Die SAL sê hy benodig befondsing om sy bedryfs- en kapitaalvereistes na te kom en sy skuldportefeulje te konsolideer.