Subscribe by Email

SAL ontken dat hy nie sy finansiële verpligtinge kan nakom nie

72ee1d6bfe7542d780b4a96bf8d338eeDie Suid-Afrikaanse Lugdiens het berigte verwerp dat hy nie sy finansiële verpligtinge kan nakom nie. Dit volg op ‘n koerantkennisgewing waarin onthul word dat die redery beplan om sestien miljard Rand se gewaarborgde en ongewaarborgde befondsing te probeer bekom met ‘n drie- tot vyftienjaar-duur en dat hy die bedrag wil begin gebruik binne twee weke na die ondertekening van ‘n leningsooreenkoms. Woordvoerder Tlali Tlali sê die SAL sal die regering nie vir nog ‘n loonwaarborg vra nie, maar het hulp nodig om sy huidige skuld te herstruktureer.