Subscribe by Email

Sal nie beskerm word nie

MetroDie ANC sê sy lede wat aan verlede week se geweldpleging in Pretoria deelgeneem het, sal nie beskerm word nie, selfs al is hulle leiers van die party. Vyf mense is dood in die opstande wat gevolg het op die ANC se besluit om oudminister Thoko Didiza aan te wys as sy burgemeesterskandidaat in die Tshwane-metro vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Die party se Gautengse voorsitter, Paul Mashatile, het op die 61ste herdenking van die Vryeidshandves in Soweto beloof dat die skuldiges aan die pen sal ry.