Subscribe by Email

Sal ‘n gunstige omgewing vir sakelui en entrepreneurs skep

herman-mashabaJohannesburg se nuwe burgemeester, Herman Mashaba van die Demokratiese Alliansie, sê sy administrasie sal ‘n gunstige omgewing vir sakelui en entrepreneurs skep. Hy het die lede van sy burgemeesterskomitee aangewys nadat hy vandag ingehuldig is. Dit sluit Rabelani Dagada vir Finansies, Michael Sun vir Openbare Veiligheid enSharon Peetz vir Ekonomiese Ontwikkeling in. Mashaba sê hy besef ‘n reuse taak wag op hom en hy het ‘n span gekies wat die uitdaging begryp.