Subscribe by Email

SAL het ‘n miljard Rand meer verloor as wat verwag is

south-africaairDie Suid-Afrikaanse Lugdiens het in die boekjaar 2014/15 byna ‘n miljard Rand se verliese meer gely as wat verwag is. Die redery het vandag sy tussentydse jaarverslae aan die parlementêre komitee op Finansies voorgelê en waar ‘n verlies van 4,7 miljard Rand verwag is, was die syfer inderwaarheid 5,7 miljard. Die adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, het aan die komitee gesê as die regering nie aan die SAL waarborge van vyf miljard Rand gee nie, sal dit ‘n gevaar inhou vir alle semi-staatsinstellings.