Subscribe by Email

SAKP sê die heraanstelling van SAUK-joernaliste is ‘n groot oorwinning

sacp(P)Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty beskryf die heraanstelling van sewe afgedankte SAUK-joernaliste as ‘n groot oorwinning. Die openbare uitsaaier het gister onverwags aangekondig dat die sewe mag terugkeer werk toe en dat hy sy regspan opdrag gegee het om alle regstappe teen hulle te laat vaar. Alex Mashilo van die SAKP sê die party sal voortgaan met sy veldtog teen die administratiewe en bestuursverrotting wat die SAUK verwoes:

Die SA Nasionale Redakteursforum het ook die terugkeer van die joernaliste verwelkom en dit beskryf as ‘n oorwinning vir mediavryheid. Woordvoerder Sam Mkhokheli sê die organisasie hoop die joernaliste sal nie geteister of geïntimideer word wanneer hulle hulle werk hervat nie. Hy meen die SAUK het uiteindelik tot sy sinne gekom.

 

One Response to SAKP sê die heraanstelling van SAUK-joernaliste is ‘n groot oorwinning

  1. Dimitri Boer

    Julie 28, 2016 at 7:42 pm

    Dit lyk my die boys by die SAUK was n bietjie onderdruk wereldwyd. Mediavryheid is groot wereldwyd.