Subscribe by Email

Safa gaan Fifa se voorstel oor optrede opvolg

kirstenWDie Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê hy het gelet op die aanbeveling van Fifa se Etiekkomitee om sy voormalige president, Kirsten Nematandani, te straf. Die komitee stel voor dat hy vir minstens ses jaar geskors en met 140 duisend Rand beboet word omdat hy die etiekkode oortree het tydens verskeie internasionale vriendskaplike wedstryde wat voor 2010 se Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika gespeel is. Safa sê hy sal die kwessie opvolg en met Fifa daaroor praat om groter duidelikheid te kry.