Subscribe by Email

Saal op die ysterperde!

Verskeie fietsrybyeenkomste, beide padfiets-byeenkomste en bergfietsbyeenkomste, is aangebring op die jaar se Vrystaatkalender wat pas uitgereik is.
Die ridders van die martelpyp kan hul sitvlakke solank brei vir bergfietsbyeenkoms tydens die Aladam-wildsfees op 9 April. Op dieselfde dag tree die padfietsryers in Bloemfontein aan vir ‘n byeenkoms die Vrystaatse Padfietsreeks.
Op 16 April kom die eerste Radio Rosestad-bergfietsbyeenkoms van die jaar by Petrusburg aan die beurt. Die bergfietsryers kan ook op 16 en 17 April in Parys aantree vir byeenkomste in die Southern Skies-reeks.
Op 27 April en 7 Mei is daar byeenkomste by onderskeidelik Riebeeckstad en Kroonstad. Die eerste byeenkoms vanjaar in die Vrystaatse bergfiets-skolereeks is op 13 Mei in Bloemfontein. Skole word sterk aangemoedig om leerders in te skryf, sodat die Vrystaat ook aan ‘n nasionale reeks kan deelneem. Die ander byeenkomste in die reeks is 3 Junie, 22 Julie en 2 September.
Op 21 Mei vind die Vrystaatse padkampioenskap plaas, en ‘n week later die Heuwel-kampioenskap.
Die hoofstad-na-hoofstad-byeenkoms tussen Kimberley en Bloemfontein vind nou op 13 Augustus plaas.
Vir die volledige program oor nog baie byeenkomste soos dié van die Boertjiefees en die Dirty Harry, besoek http://www.fscycling.co.za/road_calender/2011%20Free%20State%20Cycling%20Calendar.pdf

One Response to Saal op die ysterperde!

  1. carmen

    Mei 9, 2011 at 7:34 am

    Ek is op soek na verdere inligting i.v.m. die bergfiets-skolereeks. N kontak nommer sal ook help.
    Baie dankie
    Carmen