Subscribe by Email

Saab se toekoms is elektries

Die mislukte Saab-vervaardigers in Swede kry nuwe lewe danksy Japannese en Chinese beleggers – maar die aanleg in Trollhättan gaan nou elektriese motors vir veral die Chinese mark bou.

Die onderneming, Nevs (National Electrical Vehicles Sweden) is reeds in April opgerig om Saab se boedel oor te neem, maar die planne is pas by ‘n nuuskonferensie bekend gemaak.

Omdat die Saab 9-5, wat die intellektuele eiendom van General Motors is, nie deel van die ooreenkoms is nie, word die nuwe produk op die Saab- 9-3 gebaseer, maar nou met ‘n elektriese motor.

Karl Johan Jiang, hoof van Nevs, sê die Chinese kan al hoe meer dikwels vir goeie motors betaal, maar brandstofvoorsiening gaan nie die pyp rook as te veel Chinese eers oor hul eie vuurwaens beskik nie. Met die nuwe motor word Sweedse ontwerp, Japannese tegnologie en die Chinese mark gekombineer en sal die nuwe produk na verwagting die pyp rook.

Herman Toerien