Subscribe by Email

SA vakansiegangers in Mosambiek aangeval

‘n Groep Suid-Afrikaners op vakansie in Mosambiek, is Sondag beroof deur gewapende rowers in die vakansieoord Morrumbene Beach Resort in die Inhambane provinsie in die suide van Mosambiek.

Leon, 55, en Vanetia Scott, 45, van Pretoria en hulle kinders Leovan, 11, en Vevina, 6, asook hul neefs Victor Khan, 22, van Kaapstad, en Bevil Mellem, 34, van Johannesburg, was almal by die oord. Die rowers het hulle na bewering vasgebind en van al hul besittings, behalwe hul paspoorte beroof.

Die groep wou Mosambiek dadelik verlaat na die voorval, maar die Mosambiekse regering het gesê dat hulle eers moes wag vir die insident nommer om geregistreer te word.  Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommisariaat is bewus van die voorval.

’n Woordvoerder vir Suid-Afrikaanse internasionale betrekkinge, Malusi Mogale, het ’n beroep gedoen op Suid-Afrikaners wat in die buiteland vakansie hou, om hierdie tipe van voorvalle by hulle aan te meld, sodat hulle die regerings bewus kan maak daarvan, asook ondersteuning kan bied.

One Response to SA vakansiegangers in Mosambiek aangeval

  1. Martie

    Februarie 12, 2014 at 10:02 am

    Is dit dan nog veilig om na Mosambiek te gaan. Ons beplan om April te gaan na Pomene, met ‘n klomp jong kinders. Ons hoor in Suid Afrika dat hulle die vrouens tagget (verkrag). Is dit waar 2 uit die 4 voorvalle waarvan ons gehoor het is die vrouens verkrag.