Subscribe by Email

SA “A” span geklop

Dan_Robson_England_A_Johan_Pretorius_Gallo_Images_620_395_s_c1_top_topEngeland se naasbestes, die Saxons, het Suid-Afrika A met 32-24  verslaan in gisteraand se wedstryd in Bloemfontein. Die Engelse het rustyd 22-3 voorgeloop en die gasheer het in die tweede hefte goed teruggeveg om laat in die wedstryd met net een punt agter te loop. Die Saxons het egter nog ‘n drie gedruk om die kragmeting te beklink. Die tweede wedstryd tussen die spanne word Vrydag in George in die Suid-Kaap gespeel.