Subscribe by Email

SA se boereworskoning aangewys

checkers----

Koos van Dyk (55) is Saterdag by Sun City teen meer as 1000 deelnemers aangewys as die nuwe kampioen van Shoprite Checkers se 22-ste jaarlikse boereworskomptetisie.

Koos sê “As jy wors met liefde maak word hy sommer vanself ‘n kampioen.”  Hy wou nie uilap oor die ander bestandele wat in sy kampioen-boerewors is nie.

Van Dyk sê hy is baie opgewonde om ná sy tiende probeerslag uiteindelik sy aftree-bakkie te wen.  “Nou gaan ek die kompetisie vir ander mense los en net met my Toyota Hilux bakkie die land platry.”