Subscribe by Email

SA Express se skorsing word tersyde gestel

SA_ExpressDie Burgerlugvaartowerheid het die skorsing van SA Express se bedryfslisensie opgehef. Die owerheid het al SA Express se vliegtuie verbied om te vlieg omdat hulle nie aan veiligheidsmaatreëls voldoen nie. Dit het honderde passasiers oor die naweek gestrand en gefrustreerd gelaat. Simon Segwabe van die Burgerlugvaartowerheid sê hulle het die voorlegging van die lugredery aanvaar en besluit om die skorsing op te hef. Segwabe het egter bygevoeg dat die owerheid sy oorsigrol van die hele lugredery gaan verskerp.

Intussen het Natasha Mazzone van die Demokratiese Alliansie gesê die skorsing van SA Express is net nog ‘n voorbeeld van hoe die staatsbeheerde instelling van een krisis na die volgende beweeg en letterlik van die hand in die tand oorleef terwyl ongekende skade aan die lugredery en openbare ondernemings aangerig word. Die DA sê genoeg is genoeg en dat dit tyd is om die land se staatsbeheerde lugrederye te privatiseer.

One Response to SA Express se skorsing word tersyde gestel

  1. Dimitri Boer

    Mei 2, 2016 at 5:16 pm

    Ag die hele ou land is moer toe. Zuma is die grootste crook en hy kom met alles weg. Hy en sy luigat ANC impies is besig om daai hele land vrot te besteel. Pak julle tasse en toer voor dat die wetters nog julle bankrekeninge ook stop en al die geld vir hulle self vat in die naam van apartheid ensovoorts. 21 jaar in n demokrasie en die hele land is pap. Dis nou vir jou n grap. Hoe kry hulle dit reg om n lugredery so op te neek.