Subscribe by Email

SA Boormasjien om vasgekeerdes te red

Strata 950 boormasjien

‘n Suid-Afrikaansvervaardigde hidroliese boor – die Strata 950, gaan gebruik word om vasgekeerde mynwerkers te help red en het by die myn in Chili aangekom waar 33 mynwerkers reeds twee weke lank ondergronds vasgekeer is.

Dié kragtige boor sal gebruik word om ‘n tipe prospekteertonnel na die vasgekeerdes wyer te maak sodat hulle een vir een na die oppervlak gehys kan word. Sie tonnel is tans net agt sentimeter wyd. Die werkers is in ‘n skuiling 700 meter ondergronds vasgekeer. Water en glukose word deur die nou tonnel na hulle gestuur.

‘n Aankondiging is Sondagmiddag laat deur die Chileense president, Sebastian Pinera gemaak dat die werkers ná twee weke ondergronds, ‘n nota deur die tonnel gestuur het dat hulle veilig is. Die ingenieur wat in beheer is van die reddingsoperasie, Andres Sougarret waarsku dat dit tot Kersfees kan duur om die tonnel groot genoeg te maak om die werkers te bevry.