Subscribe by Email

Rybewys-projek baie geslaagd in Overstrand

Jubelende kandidate wat suksesvol die Rybewys Projek voltooi het.  Foto: Boland Gazette

Jubelende kandidate wat suksesvol die Rybewys Projek voltooi het.
Foto: Boland Gazette

‘n Projek om jong mense te help om ‘n rybewys te kry, het tot gevolg gehad dat byna 40% van die deelnemers suksesvol was om werk te vind.

Die Rybewys-projek, wat daarop gemik is om die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug in die Overstrand aan te spreek, was so suksesvol dat 6% van sy kandidate nou in diens van die Munisipaliteit Overstrand is, 16% is besig om as interns by verskeie organisasies te werk, en die ander 16% het voltydse indiensneming in die private sektor verkry.

Die gesamentlike pogings van Overstrand Munisipaliteit, Departement van Minerale Sake, Afrimat en die Overberg Driving School het met die versekerde inname van jongmense tussen 18 en 35 jaar oud, wat die kursus voltooi het en nou spog met ‘n rybewys kwalifikasie, se toekoms verseker. “Elkeen van ons het besef dat om ‘n rybewys te verkry dit ons sal voorsien met die middel van die verkryging van groter loopbaangeleenthede,” het een van die deelnemers gespog. “Met hierdie lisensie staan ek uit onder ander werksaansoekers. Dit was een van die beslissende faktore wat my ‘n werk by die Landdroshof verseker het.”.

“Die doel van jeugontwikkelingsprogramme soos die Rybewys-projek is om jongmense te bemagtig met inligting, hulle te verseker van ‘n kwalifikasie en te verbind met geleenthede,” sê die Uitvoerende Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie van Overstrand.