Subscribe by Email

“So Ry Miss Daisy” – Hoogtepunt by Aardklop

1aardklopDie bestuur van die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom sê hulle is tevrede met die bywoning tot dusver. Die fees wat gister begin het, dra jaarliks meer as 40 miljoen tot die ekonomie van die dorp by. Een van die hoogtepunte is So Ry Miss Daisy, ‘n vertaling van die Amerikaanse Driving Miss Daisy, met die veteraan-akteurs Sandra Prinsloo en John Kani in die hoofrolle. Die Aardklop Kunstefees duur tot Sondag.

Voorheen was daar redelike omstredenheid oor die gebruik van die naam vir die fees. Die Aardklop Stigting en die nuwe Potchefstroom Kunstefees het in ʼn gesamentlike verklaring voorheen gesê dat hulle ʼn ooreenkoms bereik het oor die Aardklop-handelsmerk. Die Aardklop-handelsmerk word natuurlik sterk met Potchefstroom en die kunste geassosieer. Die Aardklop Stigting wou dit graag erken, en sy dank vir sy 18 jaar se verbintenis met die gasheerdorp so bevestig.