Subscribe by Email

Rusland soek nouer samewerking teen kosmiese bedreigings

Rusland, wat pas in Februarie onder ‘n meteoriet deurgeloop het wat bo die Oeral ontplof en meer as ‘n 1 500 mense beseer het, het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoem om kragte saam te snoer in die opspoor van “bedreigings uit die ruimte.”

Rusland gaan self sy eie pogings ook beter koördineer. Tot dusver het die wetenskaplikes in die land, die departement van verdediging en die ruimtevaartagenskap Roskosmos die ondersoeke afsonderlik gedoen.