Subscribe by Email

Rusland se appèlaansoek

Paralympic-sports-mens-athletics1Die Sport-arbitrasiehof gaan vandag uitspraak lewer oor Rusland se appèlaansoek teen die Internasionale Paralimpiese Komitee se besluit om die land te verbied om volgende maand in Rio de Janeiro aan die Paralimpiese Spele deel te neem. Die komitee het die verbod vroeër die maand uitgereik weens bewyse van wydverspreide, staatsgesteunde opkikkergebruik onder Russiese atlete. Die Spele begin op 7 September.