Subscribe by Email

Rusland reël sy eie kompetisies vir Paralimpiese atlete

57a8470ac461887e2a8b4583President Vladimir Poetin van Rusland sê die Internasionale Paralimpiese Komitee se verbod op die land se atlete om aan die Spele in Rio deel te neem, is sinies en ‘n vernedering vir die besluitnemers. Die komitee het die verbod ingestel weens bevindings van uitgebreide staatsgesteunde opkikkergebruik in Rusland en gesê dit is geneem in die beste belang van alle atlete om te verseker dat niemand onregmatig bevoordeel word nie. Poetin sê sy land gaan spesiale kompetisies aanbied vir Paralimpiese atlete waarin die wenners dieselfde prysgeld as in Rio sal kry.