Subscribe by Email

Rusland mag nie aan die Paralimpiese Spele deelneem nie

190454_54_news_hub_163976_656x500Die Sport-arbitrasiehof het intussen Rusland se appèl van die hand gewys teen die Internasionale Paralimpiese Komitee se besluit om hom te verbied om aan volgende maand se Paralimpiese Spele in Rio deel te neem. Dit volg op bevindings van omvattende opkikkergebruik onder Russiese atlete, hoewel die Internasionale Olimpiese Komitee die afsonderlike sportfederasies toegelaat het om self oor die land se deelname te besluit op die pasafgelope Spele. Die Paralimpiese Spele begin op 7 September.