Subscribe by Email

Ruimtetuig vlieg vas teen Komeet

rosetta2Die Rosetta ruimtetuig het sy historiese sending beëindig deur in die komeet vas te vlieg wat hy die afgelope twee jaar bestudeer het.

Daar was trane en blydskap by die Europese Ruimte-agentskap terwyl die sending tot ‘n einde gekom het, net meer as twaalf jaar en ses miljard kilometer nadat die tuig die aarde verlaat het.

Rosetta is opdrag gegee om in Komeet 67P vas te vlieg nadat wetenskaplikes tot die slotsom gekom het dat hy binnekort te ver van die son af sou wees om sy batterye te herlaai. Rosetta het in die tyd meer as 100-duisend beelde van die komeet bekom en selfs ‘n kleinerige robot met die naam Philae op die komeet se oppervlak neergelaat.

Die ruimtetuig was al in 2004 gelanseer deur  die Europese Ruimteagentskap (ESA), en word deur sonkrag aangedryf.