Subscribe by Email

Rugbyster se pa pleeg selfmoord

Die gewilde Stormers se skrumskakel, Bolla Conradie, sê pa het gister selfmoord gepleeg deur van ’n treinspoor brug in Bellville te spring. Die 32 jarige Bolla en sy familie is erg geskok deur die gebeure en het gister saam met lede van die Bellville Rugbyklub die toneel besoek.

Volgens bewerings, het die 65 jarige Johannes Conradie vanaf ’n treinbrug in Bellville na sy dood gespring, toe hy op ’n sementblok onder die brug neergeval het. ’n Polisie woordvoerder, Kaptein FC van Wyk het die voorval bevestig.

’n Woordvoerder vir die Bellville rugbyklub, Ruben Machelm, het gese dat hulle ’n volledige verklaring later sal uitreik.