Subscribe by Email

Rugbynuus

quade_2349494b

Australië het die losskakel, Quade Cooper, in sy groep ingesluit vir aanstaande week se Bledisloe-bekerwedstryd teen die All Blacks in Brisbane.

Hy vervang Kurtley Beale, wat geskors is omdat hy `n beledigende boodskap oor een van die spanbeamptes gestuur het.

Dit sal die eerste keer wees dat Cooper vanjaar in `n toets speel.

Vier nuwelinge, die vleuels Tom English en Henry Speight, die senter Kyle Goodwin en die stut Tetera Faulkner, is in die groep ingesluit.