Subscribe by Email

Rowers teiken Kaapse sentrums

Canal Walk

Polisiewoordvoerder, lt.-kol,. André Traut se ‘n 33-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ‘n gewapende rooftog by die iStore-winkel by die Canal Walk-winkelsentrum wat Woensdag plaasgevind het.

Dit word vermoed dat hy deel is van ‘n groep van ses gewapende rowers wat die winkel binnegegaan het en onder meer ‘n aantal selfone gesteel het.

‘n Klant is ook beseer en na die hospitaal vir waarneming geneem.

Die verdagtes het skote op die winkelsentrum se veiligheidswagte gevuur en een in die been gewond.

Traut sê hul ondersoek het hulle na ‘n huis in die Strand gelei.