Subscribe by Email

Rowers sak toe op Randse Lughawe, sekuriteitswagte gyselaars

Ongeveer 7 sekuriteitswagte by die Rand Airport is vanoggend vroeg aangehou deur rowers, berig Eyewitness News.

Die eienaar van Harvard Cafe by die lughawe, Jason Russos het vertel dat die rowers agter die naweek se gelde aan was en het die sekuriteitswagte vasgebind, waarna hulle die ingeboude brandkluis uitgebreek het.

Die rowers het daarna die kluis na hulle voertuig probeer dra, maar ’n aankomende ambulans wat daar opgedaag het, het veroorsaak dat hulle toe eerder die kluis gelos het en leë hande gevlug het.

Na wat vasgestel kon word is niemand beseer in die voorval.