Subscribe by Email

Rooibos in wyn word gepatenteer

rooibos

n Stellenbosse maatskappy Red Dawn IP Holdings, besit deur wynmakers Audacia Wines en KWV het Maandag aangekondig dat hulle die name Rooibos Wine, Rooibos Beer en Rooibos Cider as handelsname geregistreer het.Trevor Strydom sê hy het in 2011 begin eksperimenteer en het sy tegnologie om die byvoeging van rooibos- en heuningbosplantmateriaal in die vervaardigingsproses nou gepatenteer.

Michael van Niekerk, wynmaker van Audacie Wines, sê hulle voeg nie rooibostee by die wyn nie, maar gebruik die stamme van die rooibos- en heuningbosstruike in die plek van eikehout in die wynverouderingsproses.  Die vlakke van anti-oksidante in rooibosplantmateriaal is hoog endear is gevind dit is ‘n kragtige preserveermiddel.  Dit kan dus die gebruik van swae,l waarvoor baie mense allergies, is vervang.

Dit blyk daar is ‘n paar ander ondernemings wat wel iets soortgelyks toets.

Die plaaslike patent sal waarskynlik binnekort toegeken word, wat beteken geen ander Suid-Afrikaanse entiteit mag dié inheemse plante of hyul neweprodukte in enige stadium van die prouksie van alkoholiese drank volgens die gepatenteerde proses gebruik nie.