Subscribe by Email

Rogue Rally – Min nog bekend!

Rogue Rally Lamborghini

Volgens die jongste beskikbare inligting oor die naweek se tragiese Rogue Rally ongeluk het die egpaartjie albei beide hul bene verloor.  Rogue Rally woordvoerder Jacques van den Bergh het gesê hy het die man en vrou, wie by Knysna Privaat Hospitaal opegeneem is, gisteraand asook vanoggend besoek om seker te maak oor hul vordering.

Volgens ooggetuie het die bestuurder Louis Oelofse beheer oor sy geel Lamborghini verloor en blykbaar teen ‘n rots en verskeie ander voertuie, sowel as toeskouers gebots tydens die Knysna-fase van die week lange ‘supermotor’ Rogue Rally saamtrek. Die polisie ondersoek ʼn saak van nalatige en roekelose bestuur.